Copyright Croc Valley Camp 2007. Designed by Jon Benbow. Contact jon.benbow@gmail.com.
Croc Valley Boutique Lodge is geleë op die oewer van die Suid Luangwa Rivier, 500 meter van die National Park se ingang, en is n eksotiese kamp en n klein paradys in n asemrowende ongerepte landskap en natuurskoon en bied ongekende weelde in sy rustige atmosfeer.
Die uitsonderlike posisie van Croc Valley maak dit n gereelde kuierplek vir Olifante, Kameelperde, Buffels, Seekoeie, Bobbejane, Krokedille en ander kleinwild met uistaande voëllewe van baie van die migrasie voëls en ons eie residentiele voëls soos visarende, oopbekooievaar, rooiborsbyvreter, en baie ander.
Ons bied safaris wat aangepas kan word na ons gaste se persoonlike behoeftes, met professionele gidse en hulle intieme kennis van die bos en diere maak dit n onvergeetlike ervaring.